Dierekinders soek pleegfamilies

Fisantekraal Animal Welfare het ‘n groot behoefte aan mense wat tydelik vir ‘n hond of kat kan sorg terwyl hulle wag om aangeneem word.

Jenni Davies, FAW woordvoerder, se: “FAW het nie ‘n diereskudding nie en, dus, is ons heeltemaal afhanklik aan barmhartige mense wat hulle huise en harte oopmaak vir ‘n dier in nood, of tydelik (foster/pleegsorg) of vir ewig (adopt/aanneem). Ons het in die verlede ons honde by ‘n diereskuiling laat bly maar dit is nie meer ‘n opsie nie, en daar is tans nog 6 honde daar wat dringend moet gaan. Van hulle wag al oor die vyf jaar vir ‘n huis.”

“Bonop, kry ons gereeld diere in wat of gered is uit slegte omstandighede, of die eienaar kan nie meer die dier bekostig nie. Mense wat tydelik vir ‘n dier kan sorg, veral onmiddelik as ‘n ‘nood pleegouer’ (verkieslik in die Durbanville omgewing), red letterlik hulle lewens want daar is nie ander opsies nie. Soms het ons net ‘n plekkie nodig vir ‘n paar dae om kans te gee om te adverteer en ‘n langtermyn plan te maak.”

Davies vertel dat pleegfamilies ook die dier se kanse vir aanneem verbeter: “Dit maak ‘n groot verskil want dit gee die dier ‘n kans om dinge soos housetraining en goeie maniere te leer. Dis ideeaal vir diere wat bang of bietjie menssku is om hulle selfvertroue te bou (nie elke dier is bang nie so mense hoef nie bang te wees dat hulle nie so iets sal kan hanteer nie). As ‘n dier eers ingeneem is, kry mens nie altyd ‘n goeie idee van hulle persoonlikheid want hulle is dikwels verward want hulle het hulle mense verloor. As hulle ontspan by die pleegfamilie, kans ons uitvind: waarvan hou hulle, hoe is hulle energievlakke, of hulle goed oor die weg kom met ander diere, of hulle enige spesiaale behoeftes het, ensovoorts. Dan weet ons watter soort ‘forever home’ hulle benodig sodat die kanse dat hulle aangeneem word en dan weer teruggegee verminder is.”

Om ‘n diere pleegfamilie te wees is vrywillig en, dus, word pleegouers nie betaal nie, maar FAW kan wel help met kos vir die dier terwyl hulle wag indien die benodig is. FAW ent hulle in en ontwurm hulle, en hulle word deur ‘n veearts ondersoek. Indien dit volwasse diere is word hulle reggemaak.

“Vir katjies of babahondjies, moet mense baie by die huis wees want, veral die kleintjies, moet 3 tot 4 keer per dag eet, aandag kry, en interaksie met mense hê sodat hulle gesosialiseer word. Volwasse diere is meestal ok as daar nie heeltyd iemand by die huis is. Die huis moet stabiel en veilig wees, en ons doen wel ‘n besoek (‘home check’) voorheen om seker te maak die dier sal goed inpas. Ons maak groot moeite om diere aan die regte pleegfamilies te stuur (bvb as ons nie 100% seker is die dier hou van kinders, stuur ons hom nie na ‘n huise met kinders nie).

“Die belangrikste dinge is dat die pleegfamilie diereliefhebbers is wat moeite sal maak om met die dier te werk, in kontak met ons te bly, en baie liefde vir die dier sal gee.”

Indien jy belangstel om ‘n tydelike pleegouer te wees, kontak vir FAW op adoptions@faw.za.org of Whatsapp 078 892 7892, of besoek hulle webblad op www.faw.za.org/become-a-foster.

Download Foster Application form: FAW Fostering Application

(Tygerburger, 16 September 2020)

 

You may also like...